Woordvoerder van Zuma-stigting ontken hy het staatskaping bevorder

Die woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, het ontken hy het staatskaping bevorder tydens die tydperk wat hy die bestuurshoof van die Regerings-kommunikasie-en-inligtingstelsel was. Manyi is in deel een van die staatskapingsverslag betrek vir sy rol daarin om advertensies ter waarde van miljoene rand aan die Guptas se koerant, The New Age, uit te deel. Die verslag het ook bevind die omstandighede rondom sy oorplasing na die GCIS, ná hy deur die departement van arbeid geskors is, was ook verdag.