Wolveiling vind môre in die Oos-Kaap plaas

Die wolseisoen se volgende veiling vind môre in die Oos-Kaap plaas waar sowat 8 000 bale te koop sal wees. ‘n Woordvoerder van Cape Wools sê die mark het op die vorige veiling van die 2021/2022-wolseisoen bestendige resultate gelewer. Die mark was teen sluiting 0,9 persent hoër as die vorige keer met 168 rand 30 sent per kilogram en 97 persent voorraad wat verkoop is. Byna 8 000 bale was te koop en het grootliks bestaan uit fyn, lang merinowol en wol met volhoubaarheidsertifisering.