Wolfgat is beste restaurant in Afrika

Die kookkuns van die Suid-Afrikaanse sjef Kobus van der Merwe en sy span in Paternoster aan die Weskus het gesorg dat Wolfgat die toekenning as beste restaurant in Afrika en die 50ste beste ter wêreld op die jongste ranglys behaal. Noma in Kopenhagen is as die beste ter wêreld gekroon in hierdie toekennings, wat bekend staan as die Oscars van lekker eet. Geranium, ook in die Deense hoofstad, is tweede beste.