Wol val terug met 4%

‘n Groot voorraad van meer as 13 000 bale wol is in Gqeberha te koop aangebied na ‘n reses. Cape Wools SA sê die mark het met vier persent teruggesak om op net meer as 157 Suid-Arikaanse rand per kilogram te sluit. Meer as 95 persent van die voorraad is verkoop. Die sterker rand het ‘n negatiewe invloed op die mark gehad. Die grootste deel van die wol wat opgeveil is, was merino in die 20-mikron-kategorie van mediumlengte. Daar was groot mededinging van kopers vir die beter-gehalte merino-vlieswol wat aangebied is.