Woestyn-aangepaste leeus word binnekort vrygelaat

Die vier woestyn-aangepaste leeus wat vroeër die jaar deur die omgewingsministerie van die Torra-bewaringsgebied en Brandberg na N/a’an ku sê verskuif is sal binnekort vrygelaat word. Die leeus was in ‘n baie swak toestand. Volgens dr. Rudie van Vuuren van N/a’an ku sê lyk die groep goed, en dit gaan ook baie goed met Apollo, die beroemde Swakopmund-olifant.