Witvlei inwoners sê die tronk is beter as hulle lyding

Inwoners van Witvlei is op die oomblik besig met ‘n protesaksie en dreig om die dorpsraad se kantore te sluit. Hulle sê dit is beter om in die tronk te wees as om sonder kos, skuiling, werk en basiese dienste te wees. Hulle sê ook die dorpsraad is deurtrek van korrupsie. Die voormalige uitvoerende hoof Chris Murangi sê President Hage Geingob moet onmiddellik aandag skenk aan hulle uitdagings.