Wits streng oor Covid-inentings

Die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg het ‘n verpligte inentingsraamwerk bekendgestel en wag nou op kommentaar daaroor.Alle personeel en studente, asook mense wat aansoek doen om betrekkings of om te studeer, besoekers en diensverskaffers, sal moet bewys hulle is ingeënt voordat hulle op die kampus toegelaat sal word. Die universiteit meen verpligte inenting is in almal se belang.