Winnie Mandela-dorp bly in die nuus

Die Vrystaatse regering het weer die amptelike onthullingseremonie van Winnie Mandela-dorp uitgestel. Dit sou vandag plaasgevind het. Die dorp was altyd bekend as Brandfort. ‘n Padteken waarop die nuwe naam aangebring is, het Vrydag onder woedende inwoners deurgeloop. Hulle meen fondse moet liewer aangewend word om dienslewering te verbeter. Die premier van die Vrystaat, Sello Pietersen, sê ‘n nuwe datum vir die onthulling sal binnekort aangekondig word.