Windhoeker vier sy verjaardag saam met kinders van SOS Village

Old Mutual se bemarkings- en kommunikasiebestuurder, Mufaro Nesongano, gaan sy verjaardag nie saam met sy vriende vier nie, maar saam met kinders van die SOS Childrens’ Village in Windhoek. Dié weeshuis het sowat 100 minderbevoorregte kinders. Toe PEP Namibia van hierdie inisiatief hoor, het hulle ingetree en aangebied om dit te ondersteun met sanitêre doekies en toiletware ter waarde van meer as 4 500 Namibiese dollar. PEP Namibia se besturende direkteur, Jakkie Coetzee, sê aan Kosmos 94.1 Nuus PEP sal altyd gemeenskappe ondersteun.