Windhoek se bouplanne effe beter in Julie

Stad Windhoek het 314 bouplanne in Julie goedgekeur, teenoor 249 in Junie en 223 in Julie verlede jaar. Totale goedgekeurde bouplanne beloop 496 miljoen Namibiese dollar en sluit 179 aanbouings by wonings in, sowel as 112 nuwe eiendomme, en vyf kommersiële eiendomme in. Volgens ‘n ontleding deur Simonis Storm in die hoofstad het bouplanne vir ‘n derde agtereenvolgende maand beter vertoon en so ook projekte wat voltooi is, wat in Julie 19 persent hoër is as in Junie vanjaar.