Windhoek bied groot straatmark aan

Stad Windhoek gaan op 2 en 3 September sy eerste Windhoek-mark ooit langs Onafhanklikheidslaan in die sentrale sake-kern aanbied. Die hoofdoel van die Windhoek-mark is om die plaaslike ekonomie te stimuleer en plaaslike produkte te bevorder. Dit sal ‘n platform verskaf wat sal dien as ‘n tydelike straatfront-kleinhandelruimte vir klein besighede om hul produkte te verkoop en dienste te bevorder. Besighede wat belangstel om aan die Windhoek-mark deel te neem, kan die registrasievorm van die Stad Windhoek-webwerf aflaai, sê die woordvoerder Lydia Amutenya.