Windhoek berei verskeie terreine voor vir ontspanning, sport

Raadslede van die Stad Windhoek is tans besig om terreine te besoek waar nuwe projekte geïmplementeer kan word. Otjomuise spog nou met ‘n nuwe, informele sokkerveld en ‘n netbaalbaan sal ook volg. Volgens Stad Windhoek sal hierdie informele sportvelde help om toekomstige sportsterre in informele nedersettings opleiding te gee en vir kompetisies voor te berei, soos die gewilde Kasi-beker sokkerkompetisie wat deur Stad Windhoek en Coca-Cola aangebied word.