Winderige weer, buie aan suidelike kus vir Namibië voorspel

Terwyl Namibiërs wag op die eerste reën van die seisoen, het die Namibiese weerkantoor vir môre buie langs die suidelike kus voorspel, asook gedeeltelik bewolkte en matige weer. In die binneland sal dit gedeeltelik bewolk en warm in die Karas-streek wees en elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm weer. Odillo Kgobetsi van die weerkantoor sê aan Kosmos 94.1 Nuus die winderige toestande sal voortduur.