Winde sê inperkings moet gelig word

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê met die derde Covid-19-vlaag wat ‘n afwaartse neiging in die provinsie toon, is dit nou die tyd om te kyk of die regte balans bereik kan word om lewens én werksgeleenthede te red. Die Suid-Afrikaanse Covid-19 Modelleringskonsortium dui aan daar is ‘n 99 persent waarskynlikheid die provinsie het reeds die bo-punt van die derde vlaag bereik. Winde sê meer inperkingsmaatreëls moet nou verslap word: