Winde pleit by Kaapse haweloses om toelae te benut

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, versoek hawelose mense in die provinsie om gebruik te maak van die dienste wat aan hulle gebied word. Die pleidooi volg nadat die hof die Stad Kaapstad toestemming gegee het om mense wat onwettig ‘n perseel in die sakekern beset, uit te sit. Volgens Winde was die laaste uitweg om die hof te nader nadat die stad verskeie pogings aangewend het om maatskaplike bystand aan onwettige besetters te bied, wat sommige geweier het: