Wind-energieraad: Beweeg weg van fossielbrandstowwe

Die globale wind-energieraad sê die wêreld staar ‘n tweeledige krisis in die gesig: energie-sekerheid en bekostigbaarheid aan die een kant en die bedreiging van versnellende aardverwarming aan die ander kant. Die raad het ‘n vyfpunt-plan uitgegee oor hoe hernubare bronne versnel kan word om energie-sekerheid, -bekostigbaarheid en klimaats-aksie te bereik. Die plan bespreek die behoefte om energiemarkte te herstel terwyl klimaatsdoelwitte bereik word en ‘n veilige, stabiele energie-oordrag geskep word. Die uitvoerende hoof, Ben Backwell, sê dit is nodig om ‘n beslissende stap weg van fossielbrandstowwe te neem.