Wimpy in SA stuur ‘CupsforVacs’ van stapel

‘n Bekende kitskos-handelsmerk het besluit om Suid-Afrikaanse kliënte te beloon wat teen die koronavirus ingeënt is. Wimpy sê hulle wil die nasie nog ‘n goeie rede gee om ingeënt te word, daarom het hulle die CupsforVacs-veldtog van stapel gestuur. ‘n Woordvoerder sê enige iemand wat kan bewys hulle is ingeënt deur binne 48 uur ná inenting ‘n geldige Covid-19-sertifikaat te toon, sal gratis koffie kry. Die bemarkingsdirekteur in die buurland, Jacques Cronjé, sê hulle hoop om mense te oortuig om die virus te bekamp.