Wimbledon-eindstryd: Alcaraz sal sy beste teen Djokovic gee
Die wêreld nommer een Carlos Alcaraz is oortuig hy kan Novak Djokovic klop in môre se Wimbledon-eindstryd, nadat hy Daniil Medvedev met 6-3, 6-3, 6-3 weggevee het. Die 20-jarige Alcaraz is die jongste man wat die Wimbledon-eindstryd bereik na sy mede-Spanjaard Rafael Nadal in 2006:
Djokovic het Jannik Sinner in die eerste halfeindstryd met 6-3, 6-4, 7-6 uitgeskakel en sy negende Wimbledon eindstryd bereik. Hy kan ‘n rekord-ewenarende agtste kroon by die toernooi inpalm, en ‘n 24ste major in sy loopbaan. In vanmiddag se vroue-enkels kom Ons Jabeur van Tunisië te staan teen die onverwagse Tjeggiese finalis, Marketa Vondrousóva. As Jabeur wen, sal sy die eerste Afrika-vrou en Arabiese speler wees wat ‘n Grand Slam-enkeltitel inpalm.