William reageer ook op rassisme na Euro 2020

Brittanje se prins William het hom aangesluit by diegene wat hulle ten sterkste uitgespreek het oor die aanlyn rassistiese aanmerkings teenoor spelers in die Engelse sokkerspan wat nie strafdoele in die Euro 2020 finaal kon aanteken nie en gelei het tot die span se nederlaag teen Italië. Volgens William is dit uiters ontstellend en onaanvaarbaar en hy beskryf dit as afskuwelike gedrag. Hy het gevra dat alle betrokkenes verantwoordelik gehou word.