Wildstropers landwyd in Namibië in September bedrywig

Wilstropers was weer landwyd in Namibië bedrywig in September. Tydens September het die Namib Teenstropery-eenheid met behulp van die omgewingsministerie en die Namibiese polisie in die Erongo-streek tien vermeende wildstropers in hegtenis geneem, en beslag op twee elk onwettige vuurwapens en voertuie gelê. Die Nyime-teenstroperyspan van Gobabis het drie verdagtes met hul donkies op ‘n plaas vasgetrek, waarna een ‘n panga uitgepluk het en die span ‘n waarskuwingskoot afgevuur het. Die verdagtes het weggehardloop en hul donkies agterlaat. Die span het vars elandvleis op die donkies gekry. Die ondersoek word opgevolg en die verdagtes is bekend in die gebied.