Wilbur Smith sterf

Die wêreldbekende skrywer Wilbur Smith is gister in die ouderdom van 88 by sy huis in Suid-Afrika oorlede. “Ons is jammer om aan te kondig dat die geliefde, wêreldwye topverkoperskrywer Wilbur Smith onverwags vanmiddag by sy huis in Kaapstad oorlede is, met sy vrou Niso aan sy sy,” lui ’n boodskap wat Saterdagaand op die skrywer se facebook-blad geplaas is. Die verklaring het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie. Gedurende sy loopbaan as skrywer het Smith 49 romans geskryf en meer as 140 miljoen eksemplare wêreldwyd in meer as 30 tale verkoop.