Wiese kry hartaanval, sterk tans aan

Die oud-Springbok-slot Kobus Wiese het gisteroggend ‘n hartaanval gehad. Hy is na die Panorama Mediclinic in Kaapstad gehaas waar hy tans aansterk. Wiese het die eerste keer op 26 Junie 1993 vir die Springbokke uitgedraf in ‘n toetswedstryd teen Frankryk. Hy het die trui vir die laaste keer oor sy kop getrek in die toets op 15 Desember 1996 teen Wallis. Wiese was ook in die Bok-span wat die Wêreldbeker in 1995 gewen het.