Wiese benoem vir Speler van die Maand

Die Suid-Afrikaans-gebore Namibiese krieketspeler David Wiese verskyn op die lys van die Internasionale Krieketraad se benoemings vir Oktober se Speler van die Maand. Ander name op die lys sluit in die veelsydige Shakib Al Hasan van Bangladesj en Asif Ali van Pakistan. In die vroue-afdeling is die kaptein van Zimbabwe, Mary-Anne Musonda, op die lys ingesluit. Die wenners word volgende week aangekondig en word bepaal deur ‘n stemming deur die IKR se kies-akademie en aanhangers wêreldwyd.