Wie gaan die kroon dra as die fiksste in die Namib?

Die derde jaarlikse Fittest in the Namib vind tans plaas op Swakopmund waaraan alle fiksheidsfanatici en CrossFitters deelneem. Verskillende spanne ding teen mekaar in verskeie oefeninge en hindernisse mee. Daar is groot pryse op die spel, asook die titel van Fittest In The Namib 2021. Jancke Rentel van Fittest In The Namib sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n taai kompetisie.