Wie baat by die Chinese teenwoordigheid in Namibië?

‘n Gemeenskapsaktivis sê die Chinese se mishandeling van Namibiërs is vir te lank verduur. Dit volg na ‘n Chinese burger vandag in die hof op ‘n klag van aanranding gaan verskyn nadat hy daarvan beskuldig word dat hy ‘n Namibiese vroulike werker voor kliënte in sy winkel in die Chinatown-inkoopsentrum in die hoofstad gedwing het om haar klere uit te trek. Rosa Namises vra wie word bevoordeel uit die teenwoordigheid van Chinese in Namibië.