Whk se waterinfrastruktuur ‘n tikkende tydbom

Die Stad Windhoek se watervoorsieningstelsel is ‘n tikkende tydbom aangesien gereelde water-onderbrekings in die hoofstad ervaar word, wat frustrasie onder inwoners veroorsaak. Inwoners het onlangs water-onderbrekings in verskillende areas van Windhoek ervaar weens pype wat gebars het. Woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, sê verouderde water-infrastruktuur is algemeen, wat probleme veroorsaak van onverwagse water-onderbrekings. Amutenya sê alhoewel die munisipaliteit bewus is van sekere ou infrastruktuur, dit nie in staat is om die hele verouderde stelsel op een slag te vervang totdat fondse beskikbaar gestel word nie. Sy het weer inwoners gemaan oor die herstelwerk van  water-infrastruktuur soos geskeduleer deur NamWater op 15 en 29 Julie.