Whk moet nuwe begraafplase ontwikkel

Plaaslike media berig dat Stad Windhoek nog net spasie het vir 9 000 grafte met drie begraafplase wat reeds vol is. Volgens Harold Akwenye, woordvoerder by Stad Windhoek, is die sogenaamde ou-lokasie, Khomasdal en Katutura begraafplase reeds vol en Oponganda se A-uitbreiding is vol. Beskikbare spasie is 5 000 by Gammams en 4 000 by Oponganda. ‘n Nuwe begraafplaas sal naby Rocky Crest ontwikkel word nadat die Stad 21 hektaar grond bekom het. Akwenye het bygevoeg dat verassing steeds die beste opsie is.