Uitwerking van drank op breingesondheid op Wêreld-Breindag beklemtoon

Dit neem slegs vyf minute vir alkohol om die brein te bereik en net tien minute voordat die uitwerking daarvan begin wys. Dit is volgens die Instituut vir Brein en Ruggraat-hospitaal in Indië wat vandag op Wêreld-Breindag die uitwerking van drank beklemtoon. Vanjaar se tema is ‘Breingesondheid vir almal’. Die senior neurochirurg, Sachin Kandhari, sê alkohol raak die deel van die brein verantwoordelik vir balans, geheue, spraak en oordeel. Kandhari sê drank kan langtermyn negatiewe gevolge hê op mense se geestesgesondheid.