WGO stel standpunt oor breingesondheid bekend

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy eerste standpuntdokument bekendgestel oor breingesondheid en hoe om dit ten volle te ontwikkel. Die dokument bied ‘n raamwerk om breingesondheid te verstaan en die belangrikheid om breingesondheid te optimaliseer. Daar word beraam een uit elke drie mense sal een of ander tyd in hul lewe ‘n neurologiese versteuring ontwikkel. Neurologiese versteurings is die hoofoorsaak van gestremdhede en die tweede grootste oorsaak van sterftes. Die dokument verskaf insig rondom ‘n aantal kwessies wat kan lei tot ‘n laer voorkoms van chroniese gesondheidstoestande sowel as verbeterde lewensgehalte.