WGO spreek kommer oor sterftes tydens kraam… sê dinge verswak

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê dié vasteland het van die grootste dalings ter wêreld beleef wat belangrike gesondheidsdoelwitte betref, maar die momentum is besig om af te neem. Die organisasie het ‘n nuwe verslag vrygestel waarin ‘n verlangsaming in die afgelope dekade se vordering voorspel word vir die sterftesyfer onder moeders en babas in die Afrika-streek. Daar word geskat dat vir elke 100 000 babas wat lewend gebore word, 390 vroue  in Afrika suid van die Sahara teen 2030 tydens die kraamproses sal sterf. Die WGO se streeksdirekteur in Afrika, Matshidiso Moeti, sê regerings moet hulle koers drasties aanpas.