WGO sê wêreld het dringend Covid-entstowwe nodig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die wêreld het dringend verskeie Covid-19-entstowwe nodig weens die reuse ongelyke toegang daartoe wêreldwyd. Dit volg in die lig van die organisasie se goedkeuring van China se Sinovac Covid-19-entstof nadat Sinopharm verlede maand die groen lig ontvang het. Die WGO sê op grond van die beskikbare bewyse beveel hy die Sinovac-entstof aan vir volwassenes ouer as 18. Die twee dosisse moet tussen twee tot vier weke uit mekaar toegedien word.