WGO sê Ebola, Marburg plaas kollig op uitdagings in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die uitbraak van die virale hemorragiese koorssiektes, Ebola en Marburg, plaas die kollig op die vele uitdagings waarmee Afrika-lande, sáám met die Covid-19-pandemie, te doen het. Nege van die 23 lande wat ‘n nuwe vlaag van die koronavirus ondervind, is in Wes-Afrika. Die WGO se streekdirekteur vir Afrika, Moeti Tshidi, sê Guinee het onlangs ‘n geval van Marburg-koors aangemeld, terwyl die Ivoorkus ‘n week gelede ‘n uitbraak van die Ebola-virus verklaar het: