WGO se agenda is polities meen China

Die Chinese ambassade in Londen sê die tweede werksplan van die Wêreldgesondheidsorganisasie is verpolitiseer en is nie in die gees van samewerking saamgestel nie. Chinese owerhede het die WGO se plan om weer besoek aan die land te bring om die oorsprong van Covid-19 te bepaal, verwerp. Volgens die ambassade werk die WGO steeds op die hipotese dat daar ‘n oortreding was van Chinese laboratoriumprotokolle en dus dat die pandemie so tot stand gekom het. Die WGO het vroeër gesê dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die virus uit ‘n laboratorium ontsnap het maar, volgens die ambassade is daar konsensus regoor die wêreld dat ‘n oorsigfout die pandemie veroorsaak het.