WGO poog vir 40 persent inentings teen einde 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n nuwe inentingsveldtog van stapel gestuur wat poog om 40 persent van alle inwoners in alle lande teen die einde van die jaar in te ent en 70 persent teen die middel van 2022. Volgens die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, is dit ‘n betroubare opsie om die wêreld in beheer van die pandemie te kry.