WGO pas Ebola-optrede aan

Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy Ebolo-optrede in die Ivoorkus van ‘n reaksie- na gereedheidsgrondslag verander. Dit volg nadat die regering bekendgemaak het ‘n tweede laboratorium het monsters getoets van ‘n pasiënt wat vermoedelik Ebola gehad het, maar geen bewyse van die virus is gevind nie. Die vermoedelike geval was ‘n jong vrou wat van Guinee na die Ivoorkus gereis het. Meer as 140 kontakte is in twee lande gelys sedert die land die geval bekendgemaak het. Die WGO sê dit is belangrik om dadelik op te tree om die verspreiding van Ebola te voorkom.