WGO: Mediese voorrade in Afghanistan broodnodig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se nooddirekteur in Afghanistan sê die behoefte aan mediese voorrade is reusagtig en neem steeds toe. Rick Brennan se opmerkings volg ‘n dag nadat twee ontploffings by die Kaboel-lughawe tot die dood van minstens 90 mense gelei het, terwyl meer as 150 beseer is. Brennan sê die grootste behoefte is aan trauma-stelle en noodvoorrade vir hospitale, asook medisyne om chroniese wanvoeding onder kinders te behandel. Die WGO sê die Pakistanse regering sal help om ‘n lugbrug te vestig sodat die voorrade na die noordelike stad, Mazar-i-Sharif, vervoer kan word.