WGO keer Sinopharm-entstof vir noodgebruik goed

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië gebruik word, vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof word, word deur die Beijing Bio-Institute of Biological Products, ‘n filiaal van die China National Biotec Group vervaardig. Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het intussen bekendgemaak dat daar 92 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Onder hulle is 7 leerders,1 onderwyser en 4 studente. Die sterftesyfer is nou 682. Daar is 1 713 aktiewe gevalle,waarvan 162 in die hospitaal en 45 in intensiewe sorgeenhede behandeling ontvang.47 146 Mense het reeds herstel.