WGO in Namibië moes ook alle bronne na Covid herlei

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Namibië was genoodsaak om al sy bronne aan te wend in die stryd teen Covid-19 en sake begin nou eers normaliseer. Dus is al hulle uitreik-programme, wat ook kinderinentings insluit, negatief deur die pandemie beïnvloed. Celia Kaunatjike, die WGO se gesondheidbevorderings-beampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.