WGO-hoof loof GRN vir sy nakoming van pandemie-ooreenkoms
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus is tans op ‘n twee-dag besoek aan Namibië. Hy het vanoggend met President Hage Geingob vergader en het die media toegespreek. Volgens Ghebreyesus het die Namibiese regering tot dusver uiters goed gevaar in sy nakoming van die sogenaamde ooreenkoms oor pandemies, al is die bepalings van die dokument nie Afrika-vriendelik nie.