WGO: Een uit elke twee kinders ly weens geweld

Die Wêreldgesondheids-organisasie sê een uit elke twee kinders tussen die ouderdom van twee en 17 ly as gevolg van geweld, wat seksueel, emosioneel of fisies kan wees. Dit sluit aanlyn geweld in. Babas en jonger kinders word meesal blootgestel aan mishandeling en verwaarlosing deur ouers en ander gesagsfigure. ‘n Lid van die WGO se geweldvoorkomings-eenheid, Sabine Rakotomalala, sê seuns en meisies loop ‘n gelyke risiko vir fisiese en emosionele mishandeling, en daar’s ‘n groter gevaar dat meisies seksueel misbruik kan word.