WGO: Covid lei tot afname in intenting teen kinders

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Covid-pandemie het bygedra tot ‘n groot afname in die inenting van kinders teen kindersiektes. Volgens ‘n verslag van die WGO bedreig dit die pogings om siektes wat deur middel van inenting verhoed kan word, te voorkom en te beheer. ‘n Na-doktorale navorser in die departement van gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad, Edina Amponsah-Dacosta, sê immuniseringsprogramme het verander en die afname in masels- en tuberkulose-inentings is wêreldwyd opgemerk. Amponsah-Dacosta sê dit is belangrik om weer ‘n vraag na inentingsdienste aan te wakker.