WGO beperk volume in nagklubs, by konserte ens.

Jongmense loop die risiko van gehoorverlies as gevolg van harde musiek in nagklubs en by konserte, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê. Dus, is nuwe standaarde vir volume uitgereik. Byna 40 persent van tieners en jong volwassenes tussen die ouderdomme van 12 en 35 jaar in middel- en hoë-inkomstelande word blootgestel aan potensieel skadelike volumes in nagklubs, diskoteke en kroeë. Die WGO raai ‘n gemiddelde klankvlak van 100 desibel aan. Die nuwe aanbevelings is bykomend tot riglyne wat die WGO in 2019 uitgereik het wat uiteensit hoe individue gehoorskade kan beperk weens langdurige blootstelling aan harde musiek op toestelle soos selfone en oudiospelers.