WGO bekommerd oor Afrika-lande

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat byna 90% van Afrika-lande nie hulle teiken om 10% van hulle bevolking teen September vanjaar teen Covid-19 in te ent sal bereik nie. Volgens die WGO sal net Zimbabwe,Seychelle, Marokko, Mauritius, São Tomé en Principe, Ekwatoriaal-Guinee en die Comore dalk die teiken kan bereik.Europa se medisyne-agentskap het intussen bekendgemaak dat hy nog ‘n seldsame siekte, die CLS-sindroom wat lekkasies in haarvate veroorsaak, as newe-effek van die AstraZeneca-enstof, Vaxzevria, geidentisfeer het en dat dit as sulks gelys moet word.