WFP sê 570 000 liter brandstof in Tigray is gesteel

Geweld het weer in die Tigray-streek in die noorde van Ethiopië uitgebreek na maande se suksesvolle skietstilstand. Die situasie rakende menseregte en voedselvoorsiening is die afgelope tyd as benard beskryf met miljoene wat honger ly. Nou sê die hoof van die Wêreldvoedselprogram David Beasley dat owerhede in die Tigray-streek 570 000 liter brandstof van die program gesteel het. Sonder die brandstof kan die program nie voedsel aflewer nie. Hy sê dit is ‘n skreiende skande en eis dat die brandstof onmiddellik terugbesorg word.