Wette teen terrorisme in Nieu-Seeland gaan verskerp word

Die Eerste Minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, het onderneem om hierdie
maand wette teen terrorisme te verskerp in die land. Dit nadat ‘n militant wat aan die
owerhede bekend is, sewe mense in ‘n supermark met ‘n skerp voorwerp gesteek en
gewond het. Ardern het vroeër gesê die man is geïnspireer deur die Islamitiese Staat-
groep.