Wet op Petroleumprodukte gewysig om onwettige invoer en handel in brandstof te voorkom

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het die Wet op Petroleumprodukte en Energie gewysig. Sommige wysigings sluit in die verbod op die aankoop, verkryging, verkoop, verskaffing, wegdoening, vervoer, besit, gebruik of berging van brandstof van ongelisensieerde persone. Geen kleinhandel-lisensiehouer mag brandstof teen enige ander prys verkoop as die prys wat kragtens die wet bepaal word nie. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die wysigings is om die onwettige invoer en handel in brandstof te voorkom.