Westerse lande moet teen China staan – Trudeau

Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, sê Westerse lande behoort saam te staan teen China om dié Asiatiese land te verhoed om kommersiële belange te gebruik om hulle teen mekaar af te speel. Internasionale nuusagentskappe berig Trudeau sê China het Westerse lande wat meeding vir ekonomiese geleenthede in dié land, in die verlede teen mekaar afgespeel. Kanada het vroeër die maand gesê dit sal met bondgenote saamstaan in ‘n diplomatieke boikot van die 2022 Olimpiese Winterspele in Beijing in Februarie, ten einde aan China ‘n boodskap te stuur oor sy menseregte-rekord.