Weste moenie toelaat dat Rusland hom met woorde boelie nie

Tobias Ellwood, die voormalige Britse minister van verdediging sê die Weste moenie toelaat dat Rusland se uitlatings hom intimideer nie. Die Kremlin het waarskuwing van ernstige gevolge aan Litaue gerig na daardie land uitvoere per spoor na die Russies-beheerde Kaliningrad verbied het ingevolge Westerse sanksies. Ellwood sê Rusland moet onmiddellik gestuit word.