Wes-Kaapse wilde voëls steier steeds onder voëlgriep

Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum gaan voort om die voortdurende uitbreking van voëlgriep onder wilde seevoëls te bestuur. ‘n Woordvoerder van die departement van omgewingsake, James-Brent Styan, sê altesaam 18 388 voëls het gevrek, waarvan 17 926 Kaapse kormorante is. Styan sê Dyer-eiland naby Gansbaai is die gebied wat die ergste geraak word met 12 203 dooie voëls wat tot op hede aangemeld is.