Wes-Kaapse tussentydse begroting ter tafel gelê

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê werkskepping, veiligheid en welsyn is die provinsiale regering se prioriteite. Sy het gister die provinsie se tussentydse begroting van 230,82 miljard Suid-Afrikaanse rand vir 2022/2023 ingedien. Wenger sê 1,28 miljard rand is by die begroting gevoeg om oor die volgende drie jaar te gebruik. Sy sê areas wat voorkeur kry, sluit in 466,6 miljoen rand vir die nuwe Departemente van Infrastruktuur en Mobiliteit, en 168,69 miljard rand vir die Departemente van Gesondheid en Onderwys: